Nuwe vriende ... nuwe ontmoetings .... 'as ons weer ontmoet'......

More! ....
Goeie More!!! ... My wereld! ... nou wat soek jy hier!! ....
My aarde mens, hoe het jy dan hier beland! .......?
Nee jong, ek moet dieselfde vir jou vra!
Ek het jou soveel kere sien loop en wou jou graag optel maar ....
Ja, weet jy, ek het gesien hoe trek jy jou neus op elke keer as jy by my verbyry en loop .....
Maar ek moet darem se, ek was ook seker nie altyd die netjieste en skoonste en altyd heeltemal nugter nie! ... en die dwelms het my ook so ingesluk dat ek nie eers geworry het hoe ek lyk nie ...hehehe .... maar dansy die Here se genade, het Hy my hier ingelaat.

En so sal ons deur die poorte loop en vreemde mense begin raakloop, sommiges wat ons geken het op die aarde, sommiges net verbygangers ... sommiges wat ons nie in die minste verwag het om daar raak te loop nie ...

So sal ons eendag weer nuwe vriende moet maak ...

Want ons verwagting om weer ou geliefdes te herontmoet mag dalk baie teleurstellend wees ...
dalk is almal vreemdelinge ..............

Comments