My kleinkind se voor skool hou hulle jaarlike 'Oupa-en-Ouma-dag' en hier sit ek toe, jonk genoeg om my eie kind se skoolfunksies by te woon!
Met hope werk by die huis en 'n kop wat bars van die vorige aand se sosiale aanslag, sit ek toe hier en kyk na die mense, die sogenaamde oupas en oumas van die huidige geslag. So trots maar tog so waardig, dog ek by myslf (ek, heel waardig myself). Hier regs van my sit twee ou mensies, so nou en dan herinner die een die ander van iets wat nog gedoen moet word die oggend. Dit word ook dan so twee of drie keer herhaal. Links van my sit 'n ander ouma, seker alleen, met oupa nie meer daar nie of siek by die huis. Dalk ook met 'n kopseer soos ekke en hope verskonings ... die krieket bly maar 'n beter opsie, dag ek toe so by myself. Die sitplek agter my is leeg en ek maak van die geleentheid gebruik om my stoeltjie so effe agtertoe te skuif (die klein mensies se stoeltjies is voorsien vir die okkasie en met min beenspasie en regop so 'n kers kan vyf minute maar voel soos vyf ure!) So skuins van my sit een van die mammas, wat oupa en ouma seker verteenwoordig, en ek voel toe so half hartseer. Miskien is sy enkelouer of miskien is daar nie meer 'n oupa of ouma nie.
Hoe later dit word, hoe meer stoeltjies word beset en ek begin wens die hele gedoente is klaar sodat ek van die lekkernye kan betrek, Die mammas het voorsiening gemaak vir die koektafel en dit was ook al wat my entoesiasties kon maak op daardie stadium.
Uiteindelik na vyf lang ure (so het dit vir my gevoel) kon die aankondiging gemaak word dat die oupas en oumas hulle oggend moet geniet en met luide applous is die eerste klassie se aankoms begroet! Elke klassie word opgekommandeer en kan dan ook drie liedjies sing. Een en ander word dan ook vertel van daardie klassie. Op daardie stadium het ek ook my sonbril begin uithaal. Die hele gedoente was op die oop stuk veld buite die skooltjie en ek het my begin klaarmaak vir 'n lang kuier. Toe die eerste groepie dan ook hulle verskyning maak, begin my lagspiere my prikkel. As die heel jongste van die skool was hulle dan ook eerste aan die beurt en so ongeorganiseerd soos net vierjariges kan wees. Een bekyk hom aan al die ou mense om hom, 'n ander val byna van sy stellasie af om vir oupa en ouma hallo te waai. Reg voor in die ry staan seker die heel kleinste van almal, min gepla met al die gedoente en mense se ooo's en aaa's om hom ... kyk vir sy sweetpakbroek en besluit die rek om die enkel druk bietjie te veel na sy sin, buk af en verskuif dit effe. Dan trek iets in die agterste ry sy aandag en hy draai 180 grade om, net om met 'n verveelde uitdrukking op sy gesig weer terug te draai. Die kinders die sing en die stemmetjies so vals en glad nie nootvas nie, maar wat sing is die klein mensies hier voor ons. Op die gesiggies die ene konsentrasie. Na die tweede liedjie begin die kleintjie in die voorste ry eers besef waarom hy eintlik hier is en begin met mening wegtrek op sy eie koers, net om na 'n paar sinne weer 180 grade om te draai en met sy rug na die gehoor te kyk na die enetjie agter hom. Met die laaste liedjie in sy helfte besluit hy toe om sommer die verhoog te verlaat, die spulletjie raak nou vervelig en daar is 'n hele wereld daar buite wat wag en vir wat sit al die mense hom ook so en bekyk en uitlag!
Nou moet ek ook se dat ek toe lankal oor my kopseer en skeptimisme was en het die klomp mense met nuwe oe en waardering begin bekyk.
Die tweede groepie was nog nie skoolgereed nie maar ook nie meer so jonk nie. Weer word die aankondiging gemaak en weer begin die mensies daar wegtrek met entoesiasme en kostelike gesigsuitdrukkings. Juffrou maak handgebare vir 'n vale en almal doen mee. Hierdie outjies het meer selfvertroue en daar word dan ook vir oupa en ouma gewaai in die gehoor. So hier en daar is enetjie wat sy eie stem wil hoor en nie kan wag vir volgende sin nie. Met waardigheid is die groepie dan ook van die verhoog. So kom die laaste klompie aan die beurt. Hulle is die oudste en gaan volgende jaar na die groot skool. Mense, wat 'n klomp dames en here! so vol selfvertroue! Met slegs 'n kop knikkie in oupa en ouma se rigting sing hulle die liedjies vlot en nootvas soos kan.
Hierdie mensies is die nuwe generasie. Met ander oe kyk ek na hulle onskuld, entosiasme en onvoorwaardelike liefde asook waardering vir dit wat die onderwysers uitgerig het om hierdie kleingoed gereed te kry vir die grootmens wereld.
Hulle is ons nuwe leiers ........

Comments