Tradisies


As daar nou een program op TV is wat my aandag behoorlik vasvang en my kersregop in my stoel vashou vir 'n hele halfuur lank (en dit se baie, want ek is heeltemal te onrustig om lank stil te sit op een plek!), is dit die reeks 'MUVHANGO'.


Nou waar in die wereld? ......

Daardie program in my opinie het soveel stof tot nadenke. En in my oe huidiglik een van die leersaamste 'soapies' op TV. As daardie halfuur verby is, is ek heeltemal uitgeput. Ek probeer so konsentreer op die onderskrifte maar wil darem ook die aksie van die spelers glad nie misloop nie. Vir my is dit natuurlik ideaal, ek kan die klank afsit en niks mis nie! Daardie ouens ken die kuns om met hul gebare taal, mimiek, gesigsuitdrukkings en natuurlik die onderskrifte wat mens dan ook presies se as 'n selfoon lui, die dansers wat 'sing' of net bloot 'juig' mens absoluut niks te laat mis nie. Uitstekend!

Die belangrikste aspek van hierdie program is dat dit my weereens laat besef dat tradisies, agtergrond, kinderjare of opvoeding so onafskeidbaar deel is van ons menswees. Daardie waardes waarmee ons grootword vorm ons tog in die mens wat ons uiteindelik word en is. En dit beklemtoon ook die belangrikheid van familie, daardie 'een swart skaap in die familie' wat maar altyd terugverwelkom word, dit maak nie saak hoeveel keer hy of sy weer 'droogmaak' nie, hy is en bly deel van daardie familie, maar moet dan die gevolge dra van hy of sy se dade. Families staan bymekaar. Hoe baie kan ons nie daaruit leer nie.

Wanneer selfs 'groot mense' verkeerdeliks optree, sal hulle nog hul tradisionele opvatting laat geld, die 'oues' bymekaar laat kom om te koukus oor 'n moontlike oplossing. Somtyds kan hierdie tradisies sorg vir heelwat harseer, ongelukkigheid en trane maar aan die einde werk alles maar weer ten goede uit, presies soos die 'oues' en die 'voorvaders' voorspel het!

Is dit nie dalk tyd dat ons weer terugkeer na ons wortels, daar waar ons vandaan kom, daar gaan probeer 'heel' nie? Gaan terugloop op die ou paaie, gaan luister na die 'oues' se raad, hul lewenservaring in ag neem en oplossings probeer vind. Ons is so vasgevang in elke dag se probleme, konflik, aksie en emosies dat daar nie tyd is vir stil staan en heel word nie .

Ja, daar is baie te leer uit ander kulture. En uiteindelik kom alles maar weer neer op tradisie, ons fondament, grondslag, ons waardes. Dit bly onafskeidbaar deel van ons ....

Comments