Hierdie dra ek op aan my moeder .....

Oupa het ‘n chev gery
met 'n slinger en ronde neus, 
....'n kakie chev 

Oupa het 'n plaas gehad
'n plaas met ‘n ego
sonder 'lektriek nog water
net kerslig en parafien
'n koolstoof, groot tafel en koffiepot
hoenderhaan en foksterrier
... die kon praat

Oupa het 'n plaas gehad
langs 'n lang ry bome
'n lang hek en grondpad
op Kalkvlate se spruit
met 'n groot Bybel en draadloos
‘n skatkis asook die spook
... op die Vrystaat se vlakte

Oupa het ‘n gleuf gehad
‘n gleuf reg agter sy kop
twee gleuwe voorwaar
as die met jou praat
sit jy gehipnotiseerd sowaar
wanneer ons dorp toe ry
.... vir nagmaal oplaas

Maar ek onthou nog die chev
met sy slinger en ronde neus
.... die kakie chev

Comments