Om te kan vergewe ...... en dan te vergeet ....



Om te kan vergewe, is 'n God gegewe gawe
Om te kan vergeet, 'n menslike gawe...

'Hoeveel keer moet jy nog vergewe', vra ons ons daagliks dieselfde vraag .... as een persoon jou oor en oor seer maak ... bewustelik of onbewustelik!

Hoeveel keer moet jy ander se onbeskofte, sarkastiese, vernederende en snydende aanmerkings en houding (bewustelik of onbewustelik) nog verdra ....

Dit is die menslike reaksie.

God verwag van ons om nederig te wees ... Hy verwag van ons om verdraagsaam te bly ... want die Woord leer ons:   die liefde verdra alles ... die liefde is lankmoedig ...  vriendelik ...  en soek nie sy eie belang nie.

Die mens se onmiddellike reaksie is:  ek wil nie meer verdra nie, wil nie meer opvreet nie, wil net  glad nie meer vriendelik wees met die persoon nie ... 'volgende keer gaan ek hom 'n stuk van sy eie 'pie' gee!...
dit is die mens.  Selfs al het ons God aangeneem as ons Saligmaker ...  ons is en bly 'die mens'!

Maar diep binne is daar 'n derde persoon:  die Heilige Gees .... daardie stemmetjie wat gedurigdeur oor die vingers tik as 'die mens' steeds sondig ... want dit is sy natuur, hy is so gebore, die geneigdheid om te sondig.

Maar daardie stemmetjie, die mens se gewete ... is wat ons in staat stel om te kan vergewe ... oor en oor te kan vergewe ... sewentig maal sewe ..... en meer.

Alles goed en wel, vergewe is maklik ... as ons na Sy Stem luister, Sy gebooie gehoorsaam wil wees en na die Woord luister ... is dit maklik, sal ons se  ..... V E R G E W E! .Dit is maklik om vir iemand te kan se:  'ek vergewe jou'.

Maar hier is net waar die moeilikheid begin:  ONS AS MENS VIND DIT MOEILIK OM TE VERGEET!!

Sonder vergifnis, sal en kan daar maar net nooit 'n vergeet wees nie!

Met vergifnis net so moeilik, maar moontlik!

En hier is my filosofie:  As iemand jou oor en oor seer laat kry, oor en oor verneder, oor en oor jou harnas in  wil jaag ...... VERGEWE .....  EN ...... VERGEET VAN HOM OF HAAR!  En gaan aan met jou lewe!

Ek dink nie God wil he ons moet slaansakke wees nie?
Ek dink nie God wil he ons moet soos Jan Salies deur die lewe gaan nie?
Ek dink beslis nie God wil he ons moet soos patetiese wesens alles verdra nie?
En ek dink beslis Hy sal ons vergewe as ons vergeet en aanbeweeg!



Comments