Om jou naaste lief te he .....



Die Liewen Heer se baie duidelike gebod is beslis en duidelik:    Jy moet jou naaste liefhe soos jou se self!?

 Hoe nou?  Wie is  my se naaste!  En net so lief soos vir my se lief?

En net hier het ek nou al baie lank 'n groot probleem:  ek hou nie altyd van myself nie, ek is nie altyd mal oor myself nie, maar is baie lief vir myself?! Waaaat?   Hoe nou?   En as ek nie altyd van myself hou nie, dan geld dieselfde mos vir my 'naaste'........dan is dit mos reg so .... ek hoef  nie altyd van hulle te hou nie,  al is ek lief vir hulle!

Wat my nog meer 'konfuus'!  Want wie is dan nou my naaste:  My kinders, my man, my familie, my vriende, my bure, vreemdelinge op straat, my netwerk, al die mooi mense in Hollywood, my vyande, die mooi manne op die strand ......?.

Ek kan nog die streep trek by my kinders, my man, my familie, my vriende.  Ja, daarmee kan ek saamleef of liewer met hulle kan ek saamleef, maar ek hou nie altyd baie van hulle nie, (net soos ek nie altyd baie  van myself  nou nie), maar ek  is nog steeds baie lief vir hulle! ....

 Nou hier kom 'n teer punt:  is my bure, die vreemdeling op straat, my netwerk, die mooie mense op TV, die mooi goeters op die strand dan my naaste?  ... hulle is mos nie na aan my nie, hulle is bietjie ver, nie naby my nie ... of het ek dit nou verkeerd:  moet hulle naby my wees, by my, om hulle lief te hou ... is hulle dan nie my naaste nie, hulle is mos van dieselfde spesie as ekke .... dan nie? ... en ek is mal oor hulle, ek hou van hulle, dan moet/mag  ek hulle mos liefhe?

Nou hoekom hou ek dan nie altyd  van my 'naby naaste' nie  en is altyd mal oor die 'verste naaste'.

Liewen Heer, gee my die krag om my naby naaste altyd lief te he (net soos myself) en altyd van hulle te hou ook .... en  die krag om my verste naaste ook lief te he (of liewer nie op daardie manier nie?) omdat ek altyd van hulle hou .......  (omdat hulle baie ver is?)

Daar le die knoop:  hulle is ver, daarom hou ek altyd van hulle!!! .... en nie my naaste nie .... hulle is te naby!  .......  ek dink!

Comments