In my beroep kry ek daagliks te doen met verskillende soorte mense. Elke persoon is uniek op sy eie besonderse manier en deur al die jare kon ek heelwat 'stof tot nadenke' bymekaar maak van mense en hul dinge. En my 'ekstra sintuig' kom ook baie handig te pas, veral wanneer dit kom by besluitneming en opsomming. As daar nou een aspek is wat enige persoon 'weggee' is dit sy lyftaal! Woorde kan een ding (probeer) vertel, maar die mens se lyftaal is sy grootste verraaier en ook kragtigste wapen ...
As jy wil weet of 'n persoon die waarheid vertel, sien jy dit veral in sy oe, die mens se oe is sy siel, hoe hy oog kontak vermy, dan sy handgebare, sy lyftaal, die manier waarop hy sy liggaam beweeg ... ag, te veel om te noem. Maar ek veronderstel dit is maar iets wat mens aanleer en te veel om te absorbeer vir iemand wat nie ingestel is op 'sesde sintuig' nie. En daardie ekstra meneertjie wat jou so heel onverhoeds waarsku, is nie altyd welkom nie. Somtyds ontmoet mens 'n persoon waarmee jy onmiddellik aanklank vind, en woeps! Hier klim meneer weer op jou skouer en gee jou so 'n klein tikkie. En of jy nou daarvan hou of nie, die meeste van die tyd is hy reg!
Het jy al ooit in 'n saal gesit met 'n klomp mense, jou verbeel dat jy absoluut niks kan hoor nie en jou net instel op mense se gebare, hul lyftaal, hul afgehele voorkoms. Nou, in my oe is dit een van die beste plekke waar jy daardie 'sesde sintuig' kan toelaat om te 'oefen'! Omdat ek baie fyn ingestel is op mense en hul gemoedstoestand, is dit amper soos 'n 'vibe', dit is om my, ek kan amper daaraan vat. Mense kan dit nie wegsteek nie, al wil hulle. Die kuns is net om jou daarop in te stel.
Daardie luiddrugtige dame wat net te hard lag, te hard praat, te veel beduie en net te veel wil aandag trek, hou haar dop. As sy dink niemand kyk nie, kry sy so 'n verskriklike hartseer in haar oe. Sy dra 'n baie goeie masker.
En die waardige dame oorkant jou, tog so waardig en stylvol, geen haar uit sy plek, grimering perfek, doen alles volgende die boek. Sy het definitief die boek oor etiket geskryf! Glo vir my, sy smag na erkenning, na iemand wat haar aanvaar net soos sy is, sonder al die 'etiket'.
Doer ver in die hoek sit 'n man en grappe vertel, die hele tafel hang aan sy lippe. Hy het die kuns vervolmaak om enige grap met sy droe humor en sin vir woorde, soos 'n nuwe een te laat klink (al het jy dit al honderd keer gehoor). Sy selfvertroue is aangeleer en oppervlakkig ... hy het nodig dat mense aan sy lippe hang, hy het nodig dat mense lag vir sy grappies, dit gee hom selfvertroue!
Op die dansvloer dans hierdie paartjie. In perfekte harmonie draai en swaai hy vir haar! Hulle lyk na die perfekte 'couple'. Hou hom dop, sy oe dwaal heen en weer, op soek ... hy soek sy volgende 'slagoffer'.
Meneer 'Gentleman' aan die einde van die tafel, se die regte dinge op die regte tyd, lag wanneer almal dit verwag, sy galantheid ken geen perke, en hy behandel sy vrou soos 'n stuk porselein ... sy lag bereik nie sy oe. Sy oe is yskoud ...by die huis is hy 'n sielkundige manipuleerder.
Volgende keer as jy weer iemand ontmoet, stel jou in op sy lyftaal en miskien, dalk net, voel jy ook daardie meneetjie klop op jou skouer! En moet jy maar na hom luister. Hy is altyd reg ...

Comments