Die Ontmoeting ....


Ekke is Louisa ... net nog 'n reisiger op dieselfde pad met dieselfde eindbestemming ....

Kom ons stap vir 'n wyle saam en deel gedagtes, hartseer, lag, pret en wedervarings ... en hopelik kan ons nog lank saam reis, ... maar ook dit is nie 'n waarborg nie, al sou ek jou so graag langer wou hou ... ons eindbestemming is reeds lankal bepaal ....

Ek is gebore met 50% gehoorverlies ...  het normale kinderlewe gehad, niemand gepla nie, niemand was bewus van my gebrek nie (ekke self was heel tevrede met myself) ... totdat die grootmense besluit het ek is darem baie 'hardhorend' ...  alles moes herhaal word ... daarmee het ek 'n groot probleem want mense met geen gehoorverlies is dan absoluut horende doof ...  kinders 'het nie ore nie' ... alles moet  dan 100 keer herhaal word'!!! ......

Op die 'rype' ouderdom van 17 moes ek hoor dat ek 70% gehoorverlies het ...  en gehoortoestel was my voorland!

My lewe was nooit weer dieselfde nie ...

Skielik was alles te duidelik, skrikwekkend duidelik ...  oorweldigend. Dit was 'n groot aanpassing ...  waar ek gedurig gespot is omdat ek alles altyd 'verkeerd' verstaan het (ek het dit self nie besef nie ...  mense se houding het my tog reg laat verstaan, maar my in woorde 'verkeerd' laat verstaan) ...   nou word ek gespot omdat ek altyd die 'die pienk ore' wou afsit sodat ek mense nie hoef te hoor en 'verkeerd' verstaan nie ... en in stilte die 'houding reg verstaan ...... !!!

Daar was dae dat ek gewens het ek was weer in my eie klein, veilige, stil wereldjie. In daardie wereldjie het ek geleer om mense in ander lig te sien.   Probeer gerus  die volgende:  skakel die klank van jou TV af, kyk na wat aangaan op die skerm en volg die mimiek! .... skielik sien  jy dinge raak wat andersins by jou verby sou gaan ... want mense se gebare vertel skielik meer as woorde ...!

Dit was en is nie altyd maklik om onvoorwaardelik aanvaar te word nie in 'n 'normale' wereld nie ...  ek moes harder werk...  harder probeer om erkenning te kry ... en harder baklei om eindresultate te kry  ... my bynaam 'vlam' is met 'oorleg' gekies!

Ek sien, voel  en ervaar gebeurtenisse om my in 'n ander lig ....en sou dit nie anders wou he nie ....!

Comments